Monday, January 19, 2009

HERINNERINGE Mooi herinneringe is seker die naaste wat ons op aarde aan die volmaakte kan kom. So geniet ek dit in Novembermaand wanneer die uintjies reg is en die fynbos ruig staan. Om in die fynbos te stap, bring soveel vreugde. Ek ruik die bekende geure van die verskillende bosse en kruie. Die gesuis-gesang van die sonbesies, die blindevlieë en muggies wat effe plae. Ek dink terug aan dae op die plaas waar ek met ver gedagtes tussen my beeste gestap het.. Hulle het hulle baas geken en het my toegelaat om aan hulle te vat en te vryf. Ek dink terug aan die perde op die plaas en die reuk van salpeter wat so aan jou klere vasklou as jy moeg uit die saal gly en die nek van die rydier liggies aanraak om die dier die versekering te gee dat die dag se rut goed was. Het jy geweet, in die hiernamaals gaan daar ook herinneringe wees? Abraham antwoord die ryk man aan die verkeerde kant in die doderyk (Luk. 18:25): "Kind onthou ." Ja, in die doderyk en in die hel sal mense se geheue hulle nie in die steek laat nie, hulle sal nog steeds alles kan onthou. Ek sidder as ek dink aan die folterende gedagtes wat deur die gedagtes van diegene in die ewige verdoemenis sal gaan, in die besef hulle het al die mooi en goeie kanse van 'n leeftyd verspeel om hulle saak met God reg te maak! § Toe hulle na spesiale dienste genooi is, het hulle dit afgelag en gespot met die mense wat tog so ernstig is oor hulle Godsdiens. § In die ewige verdoemenis sal mense kerkdienste onthou toe die prediker so ernstig gepreek het en die gehoor as't ware gesmeek het om hulle hart vir Jesus te gee. § Hulle sal die mooi liedere onthou: "Saggies en teer is die roepstem van Jesus ." § Maar hulle sal ook onthou hoe hulle hul hartsdeur vir God gesluit het. Die pyn: "Ons het dit alles verag!" "Onthou dat jy die goeie dinge in jou lewe ontvang het ." (Luk. 16:25). Dit lyk my dit sal juis die herinneringe van die goeie dinge wees wat die marteling in die hel sal werk. Die ewigheid sal te kort wees vir mense om hulle te verknies by die herinnering aan die goeie dinge en kanse waarvan hulle nie van gebruik gemaak het nie.
Die ewige verdoemenis sal gevul wees o.a. met herinneringe. Die herinneringe wat veral soos ‘n marteling sal inwerk op die inwoners van die hel. Ons lees dit in Luk 16:25, Maar Abraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook Lasarus die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte.! Die goeie dinge wat mense sal folter is wat ons lees in Rom. 2:4 - "Of verag jy die rykdom van sy goedertierenheid en verdraagsaamheid en lankmoedigheid, omdat jy nie besef dat die goedertierenheid van God jou tot bekering wil lei nie?" Hierdie teks spreek van al die kanse en geleenthede wat God vir mense op aarde gee om hul te bekeer. God laat goeie dinge met mense gebeur sodat hulle kan besef hoe goed dat die Here vir hulle is, sodat hulle Hom wil dien. Maar wat 'n kwade dag wag diegene wat dit verag en nie daarvan gebruik gemaak het nie! Rom. 2:5 - "Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as 'n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God." Hoe beter die kanse op aarde vir mense om hulle te bekeer, hoe erger sal daardie gedagtes folterend, martelend op diegene inwerk wat dit nie gedoen het nie. HERINNERINGE IN DIE HEMEL Aan die anderkant lyk dit vir my asof die gereddes in die hiernamaals nie geplae sal wees met die onaangename dinge wat hulle op die aarde beleef het nie, want ek lees in Jes. 65:17 wat verwys na die hemel - "En aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie." So dikwels hoor ek dat mense wat die tragiese beleef het, hulle voorneem om eendag wanneer hulle met God verenig is deur die dood, al hulle kwel vrae aan die Here te stel. Maar met Jes. 65:17 in gedagte, sal daar nie gedink word aan die aardse onaangename dinge in die hemel nie. Die hemel is 'n plek van die volmaakte. Dus, hoe kan ons dan nog terugdink aan die stryd, negatiewe en die hartseer wat ons op aarde beleef het! Dit kan nie hemel wees waar alles volmaak is, as mense hulle nog moet verknies oor die tragiese uit die verlede. In die hemel sal ons so oorweldig word deur die skoonheid, heerlikheid, glansryke bekoorlikheid van die Here Jesus dat alle ander dinge daarteenoor sal vervaag en vergete wees! So terloops, ek en jy gaan mos ook hemel toe . of hoe?
Mooi herinneringe is seker die naaste wat ons op aarde aan die volmaakte kan kom. So geniet ek dit in Novembermaand wanneer die uintjies reg is en die fynbos ruig staan. Om in die fynbos te stap, bring soveel vreugde. Ek ruik die bekende geure van die verskillende bosse en kruie. Die gesuis-gesang van die sonbesies, die blindevlieë en muggies wat effe plae. Ek dink terug aan dae op die plaas waar ek met ver gedagtes tussen my beeste gestap het.. Hulle het hulle baas geken en het my toegelaat om aan hulle te vat en te vryf. Ek dink terug aan die perde op die plaas en die reuk van salpeter wat so aan jou klere vasklou as jy moeg uit die saal gly en die nek van die rydier liggies aanraak om die dier die versekering te gee dat die dag se rut goed was. Het jy geweet, in die hiernamaals gaan daar ook herinneringe wees? Abraham antwoord die ryk man aan die verkeerde kant in die doderyk (Luk. 18:25): "Kind onthou ." Ja, in die doderyk en in die hel sal mense se geheue hulle nie in die steek laat nie, hulle sal nog steeds alles kan onthou. Ek sidder as ek dink aan die folterende gedagtes wat deur die gedagtes van diegene in die ewige verdoemenis sal gaan, in die besef hulle het al die mooi en goeie kanse van 'n leeftyd verspeel om hulle saak met God reg te maak! § Toe hulle na spesiale dienste genooi is, het hulle dit afgelag en gespot met die mense wat tog so ernstig is oor hulle Godsdiens. § In die ewige verdoemenis sal mense kerkdienste onthou toe die prediker so ernstig gepreek het en die gehoor as't ware gesmeek het om hulle hart vir Jesus te gee. § Hulle sal die mooi liedere onthou: "Saggies en teer is die roepstem van Jesus ." § Maar hulle sal ook onthou hoe hulle hul hartsdeur vir God gesluit het. Die pyn: "Ons het dit alles verag!" "Onthou dat jy die goeie dinge in jou lewe ontvang het ." (Luk. 16:25). Dit lyk my dit sal juis die herinneringe van die goeie dinge wees wat die marteling in die hel sal werk. Die ewigheid sal te kort wees vir mense om hulle te verknies by die herinnering aan die goeie dinge en kanse waarvan hulle nie van gebruik gemaak het nie.