Tuesday, November 11, 2008

As Pappa Vader 'n briefie sou skryf

Kind van My hart, het jy geweet om positief te dink tot ‘n positiewe lewe lei?? Die teenoorgestelde is ook waar, dink negatief dan word jy negatief. Gedagtes vol hoop en geloof is beslis positiewe gedagtes, terwyl die negatiewe kant vrees en twyfel weerspieel.
Maar weet jy My kind baie is so bang om te hoop omdat hulle so baie keer in die verlede seergekry het. Teleurstelling en ontnugtering het hulle afgeskrik van hoop, en daarom hoop hulle glad nie, dan is daar mos minder kans vir teleurstelling. Dit word ‘n soort van ‘n verdedigings meganisme om weg te kom van hoop af.
Kind van My hart sien jy nou waarom daar soveel negatiewe kinders rondloop. Kinders wat opgegee het om te hoop en totaal verval in ‘n negatiewe lewensstyl. Kinders,............ My kinders begin vir hulle self se “As ons niks goed van die lewe verwag nie, is jy nie teleurgesteld as niks goed gebeur nie”
My kind Ek wil nie hiermee se dat alles sal presies reg en goed wees as jy ‘n positiewe gesindheid het nie ……… nee jy weet nie My wil met jou nie en daar is redes daarvoor wat jy eendag sal verstaan.
Hoop op My kind van My hart, en weet dat goeie dinge hieruit sal kom. Ek het dit in My word aan jou so belowe
Die groot verskil le daarin dat ‘n positiewe mens die lewe geniet selfs al is daar ‘n paar steiltes en klippe in die pad. Negatiewe mense sien die klippe en steiltes raak en tel hulle om boek te hou oor al die stampe en stote. Positiewe mense gebruik die klippe om vas te trap en die steiltes te oorwin!
Hoop My kind, is die ankerplek van jou siel. Positiwiteit bring jou elke dag nader aan My, jou gedagtes kan jou lewens-siening verander deur net positief te bly. Sit ‘n wag voor jou mond, en rig jou oe op die mooi dinge. Laat los die stofkolle, vuil plekke en kyk na My werke. Hulle is daar vir jou, geniet dit.

Altyd lief vir jou

Pappa Vader

1 comment: