Deel die evangelie .............
Mark. 16:15 "Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom."
Terwyl ek besig is om my skoene skoon te maak, tref die eenvoud maar effektiwiteit van die manier waarop die skoenpolitoer blikkie oopgemaak word my opnuut. Ek kyk na die werweltjie wat die dekseltjie oplig van die onderste gedeelte waarin die politoer is. Niks kon regtig deur die jare op hierdie metode verbeter of dit vervang nie, want dit bly steeds die beste metode. Ek het al ander ingewikkelde patente gesien, maar die skoenpolitoer blikkie se oopmaak meganisme bly die beste. ’n Houtwerk dosent op skool het gesê: "Die eenvoudigste ontwerp is altyd die beste ontwerp." Die boodskap van die evangelie is 'n eenvoudige boodskap. Almal kan dit verstaan. Dit het ook nie deur die jare verander nie. Dis 'n tydlose evangelie (evangelie beteken blye nuus of boodskap). In Mark. 16:15 sê die Here Jesus aan Sy dissipels: "Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom." Vir een en almal geld dit: · Dit geld vir die Europeër; · Dit geld vir die inwoners van Suid- en Noord Amerika; · Dis dieselfde boodskap vir die Eskimo's · Vir Jood, Arabier en Suid-Arikaner, ens. geld hierdie een boodskap. Dis die boodskap wat red en wat jou hemel toe vat. Dis nie net 'n boodskap wat jou tot by die graf kan dra en daarna niks verder nie. Baie boeke en geskrifte se slimmigheid is bloot net op die hede van toepassing en vat jou net tot by die graf. Nee, die evangelie vat jou verder as die graf! Dit gaan alles oor die Een Persoon, die Een Naam: Jesus!!! Het jy al by Hom uit gekom? Dis al waaroor dit gaan. Jy hoef nie slim te wees nie. Jy hoef nie ryk te wees nie. Al het jy ál die kursusse wat daar in die teologie te bedink is gedoen en met lof geslaag, maar as jy nie in die proses by die Here Jesus uitgekom het nie; het jy niks! · Hy's die deur na die hemel (Joh. 10:9). · Die poort na die ewige lewe (Mat. 7:13). · Die weg die waarheid en die lewe is Hy (Joh. 14:6). · Niemand kom na die Vader behalwe deur Jesus (Joh. 14:6). Die mensdom steek die grens van hierdie opdrag oor wanneer ons diepste begeerte nie die dinge van God of ’n guns van God is nie, maar God self, dan tree ons oor die drumpel. Minder fokus op die self en meer fokus op God. Minder oor my en meer oor Hom. Moses het hierdie “smag” in sy hart gehad toe hy bid. “Wys my u glansrykheid, Bult U spiere. Laat my U veertreflikheid sien.”
Hierdie hunkering is ons hunkering. Ons leef in ’n sterwende liggaam, bly op ’n planeet wat besig is om te verval, en is omring deur ’n selfgesentreerde samelewing. Kanker, oorlog, siekte .........
Hierdie is nie geringe kwessies nie. Is my God ’n geringe God????? Nee nee nee!!! My God is die God van Moses en hierdie God sal ook my aangesig verhelder. Hierdie ontmoeting verander lewens ........ Ek wil uitroep ... “Here Jesus maak die lug swaar met u teenwoordigheid, maak dit mistig met u majesteit, skuif die gordyn van die hemel oop sodat ek net die glans van U heerlikheid kan gade slaan”
Dis nét maar Jesus!!! Dis Jesus en Jesus alleen!!!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment