Tuesday, November 4, 2008

Vandag gaan ek ‘n verskil maak

Mens is ’n produk van wat jy dink. Sou ek gelukkig wou wees, dan vul ek my gedagtes, my denke met geluk en hoop.
My besluit vandag:
Ek weier dat die wereld my onder hou. Skinder en negatiewe dinge bly ek ver van weg, en positiwiteit en oorwinnings is my metgesel. VANDAG GAAN EK ’N VERSKIL MAAK.
Ek besef tyd is kosbaar, daarom is die volgende 24 uur gevul met dankbaarheid. Al die tyd tot my beskikking sal vry van selfbejammering, verveligheid en bekommernis wees. NUWE DAG HIER KOM EK MET DIE VREUGDE VAN ’N KIND EN DIE MOED VAN ’N REUS. Elke oomblik sal ek indrink asof dit my laaste is en oomblik vir oomblik benut, liefhe en liefde gee.
Alle mislukkings van die verlede is by die verlede al sit daar ’n paar letsels. Ek krap nie in die rommelhoop rond en soek vir moontlike dinge wat ek kan verander nie. Ek sal hulle erken, ek sal hulle regmaak en nie weer dieselfde paaie loop nie. Alles is by gister. Geen mislukking is die einde van die wereld nie. Dit maak nie saak as ek struikel nie, dit maak nie saak as ek misluk nie, ek sal weer probeer. VANDAG GAAN EK ’N VERSKIL MAAK.
Ek besef dat mens die wereld kan besit en arm wees aan liefde. Ek gaan diegene wat naby aan my hart is ’n dubbel porsie liefde gee ..................... “want God is liefde” Hy wat in my is, is groter as die wereld. Ek besef dat om liefde te gee, is om God te deel.

Gebed is God in aksie

O om u werktuig te wees o God
Soos Paulus vir die heidene
Soos Fillipus vir die ontmande Etiopier
Soos Jesus vir die wereld
........ om U werktuig te wees

Om te wees soos ’n skalpel in die hande van ’n chirug
.......wat genees en herstel
Om te wees soos ’n ploeg in die verweerde hande van ’n boer
.......wat saai en versorg

Dit my God is my gebed
Haal my uit die vuur
Vorm my elke uur
Verander my met u hande

Stuur U engele om oor my te waak
Want Vader ......... vandag gaan ek ’n verskil maak

No comments:

Post a Comment